As n mens nie verstaan hoe werk die eetkultuur van n ander land nie, kan dit nogal sukkel. Dis nou na 9 in die aand en die mense begin nou eet. Dis die mees perfekte somersaand buite. Dis al donker. Maar as jy nie bespreek het nie, kan jy nie buite sit nie, dan moet jy binne in die restaurant doer agter onder die grond gaan sit. Baie netjies gedekte tafel en n moerse menu wat duur is. Ons wil net buite sit en ietsie lig eet. Dis nie maklik nie. Gianna werk vanaand en is nie saam met ons nie.