Ek moet sé hierdie klein dingetjie wat ons n selfoon noem is ongelooflik. Met alle apps is dinge so maklik. Met google translate lees en skryf ek enige taal, verstaan ek enige taal en praat ek enige taal. Met speedometer simple app weet ons hoe vinnig ry die trein nou. Ons kyk rugby, ons lees koerante , boeke, tydskrifte ens ens. Ons gesels met ons kinders op video. Soos oupa Koos sou sé - dis goëlery 😂. Mens verdwaal nooit meer nie , ek kan enige tyd n blokraai of sudoku doen. Puzzles galore. En nou die dag vind ek uit dis selfs n “spieel” om lipstick op te touch of selfs te kyk hoe lyk jou hare agter 😂 hierdie is verseker nie n “phone” nie. Die engelse is baie beter met hulle MOVILE DEVICE ‼️. Dis my kompas, my kindle, my koerant, my horlosie - en dit tel elke tree wat ek loop. Dis my horlosie en my wekker. ENS ENS ENS. o ja en natuurlik my kamera en video kamera en plate speler 😃 en my bank en huis skoonmaak beheer punt.