Ons moes gister op pad na Reims in Parys van Gare Montparnasse na Gare le Est kom om die verdere trein van daar af te neem. Ons het n uur gehad en besluit om die metro te vat. Wat n gejaag - niks is ooit so maklik en vinnig as wat mens dink nie. Eers moes ons diep diep onder die grond in. Trappe afklim. Geen roltrappe nie en elkeen moet sy tas dra. Amper oorle Wanda 🫣. En by Gare le Est soek ons ons gat af na die gare le Est TGV stasie. Moes later uitgaan OP OP OP tot in die straat en dan oor die pad na die TGV stasie. Dan soek mens eers jou vrek na die regte perron. Gelukkig was die trein tien minute vertraag en toe is ons reg. 🙏