Ons was effe vleis honger - meestal het ons net klein posies vleis gekry oral en toe ons hier in die wereld kom, het ons besluit om gistermiddag by n asador - braai restaurant- te gaan eet. Tradisionele kos vd area - ons eet toe roasted peppers en sardines op toast vir n starter en toe n boontjiesop en toe n reuse stuk steak. En gisteraand toe eet ons grend in die parador - Pieter en Gerhard vat die set menu vd dag. Daar is klomp disse gelys in spaans en hulle lees nie alles nie. Ek en Gianna bestel net n slaai en n veg lasagna 😳. En toe hulle kos kom is dit weer die middag se disse - groot porsies 🤣. Ons lyk nou soos boontjie sop en steak - en vanmiddag is ons bespreek by n restaurant - Mannix - waar n mens letterlik NET skaapvleis kry. Twee mense deel n quarter lamb! Tussen die 4 v ons dus n halwe lam. Ons moes al weke vooruit bespreek het!! 🫣